Oosterland Revue: ‘n Kykie in die ware skool lewe

Die tema het gespot met die skool onnies wat halfdag werk en die uitdagings van skoolaktiwiteite en besige programme uitgebeeld.

0
205

‘n Heerlike kultuur ervaring het die afgelope week by HS Oosterland afgespeel. Daar was musiek en dans, bietjie toneel en groot pret te sien by die Oosies Revue! ‘n Volle 120 leerders en 10 onderwysers was betrokke by die geleentheid wat vermaak gebied het, maar ook geleentheid gegee het vir Oosies om nuwe horisonne te ontdek en met hulle talente te woeker!
Die tema van “Back to School” het ou treffers soos – “Staan op, sit stil, boeke oop, leer jou les…” en nuwe musiek waarvan die tieners meer weet ingesluit – selfs ‘n rap nommer of twee is ingesluit! Die tema het gespot met die skool onnies wat halfdag werk en die uitdagings van skoolaktiwiteite en besige programme uitgebeeld. Daar was uitstekende choreografie en danspassies wat definitief ure ingeoefen was. Dit neem die leerders en organiseerders vanaf Februarie en dwarsdeur die Junie vakansie om so ‘n produksie op die planke te bring! Wat ‘n geleentheid om deursettingsvermoë en samewerking aan te leer! Wel gedaan Oosies!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here