Laerskool Kruinpark presteer op alle gebiede

0
534
Op Saterdag 27 Julie het die Mpumalanga Skole Stoei Kampioenskappe by Sasol Klub in eMbalenhle plaasgevind. Slegs leerlinge met minder as 3 maande ondervinding, mag deelgeneem het. Elf (11) Kruinpark leerders, met slegs een oefen aand agter die rug, het leerlinge van ander laerskole die stryd op die stoei mat aangesê en seker gemaak dat Kruinpark die 2de agtereenvolgende jaar as Mpumalanga Skole Kampioen gekroon word. Laerskool HM Swart is 2de en Laerskool Middelburg 3de. Dogters: Milan Zwarts, Abigail Zwarts, Michayla Bezuidenhout, Jane de Wet. Seuns: Jandré Oosthuizen (kruintjie, nie op foto), Keagan de Wet, Divan Mulder, Zander Scheepers, Alfie Dednam, Nardus de Wet, JC Oosthuizen. Afrigter: Jordan Webb.
Laerskool Kruinpark se skaakspanne het Vrydag 26 Julie deelgeneem aan die Govan Mbeki Uitspele wat plaasgevind het by Curro Secunda. Laerskool Kruinpark het ongelooflik presteer en het die volgende uitslae behaal: O/9 Span: 2de plek, O/11 Span: 1ste plek, O/13 Span: 1ste plek, O/13 Dogters: 1ste plek, Ope B Span: 2de plek Alle spanne dring deur na die Gert Sibande Skaakfinaal wat die 2de Augustus 2019 gehou gaan word by Laerskool Kruinpark.
Ope B span
Onder 13 span
Onder 11 span
Onder 9 span
Laerskool Kruinpark het drie (3) leerders wat gaan deelneem aan die ATKV Landsfinaal Redenaars in die Kaap, by die Goudini Spa. Die leerders is Imke van der Lith, Mareleize van Niekerk en Katie van der Walt (afwesig).
Laerskool Kruinpark Landloop leerders het 26 Julie by Laerskool Kallie de Haas (Standerton) aan Landloop deelgeneem. Luzelke van Wyk is 1ste en Ilse-Mari Eksteen(afwesig op foto) 2de vir hul ouderdomsgroep O/13. Jordan Webb is 2de vir sy ouderdomsgroep O/13.
Laerskool Kruinpark het twee dames personeellede wat gekies is om Mpumalanga-aksie hokkie in die ope gemengde span te verteenwoordig tydens die interprovinsiale toernooi wat aangebied word van die 7de tot die 11 Augustus by die Meyersdal Aksie Sport Arena.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here