VF+ stig Bethal tak

Die FF+ se steun het die afgelope tyd baie gegroei en na die onlangse verkiesing het die party besluit dit is tyd om ‘n tak te stig.

0
238

Die Vryheids Front Plus het die afgelope week ‘n tak in Bethal gestig.
Michelle Viljoen Rademeyer is as tak voorsitter verkies en Hennie Rademeyer as ondervoorsitter. Wilma Wolmerans is as sekretaresse verkies.
“Ek is baie trots daarop dat Bethal vir die eerste keer ‘n VF+ tak gestig het.” het Michelle gesê, “Ek glo dat ons nou met die hulp van die 20 kommitee lede die dorp se probleme vinniger en makliker kan hanteer. Die gemeenskap is welkom om op ons nommers te druk en ons sal hul bystaan waar en hoe ons kan.”
Die FF+ se steun het die afgelope tyd baie gegroei en na die onlangse verkiesing het die party besluit dit is tyd om ‘n tak te stig.
Michelle is al jare lank besig in die gemeenskap en help graag waar sy kan. Die waterprobleme in Bethal is ‘n groot doring in die vlees vir haar. “Dit is onaanvaarbaar dat inwoners van Bethal en meer spesifiek die een gedeelte by Bethal rand asook X3 en X8 altyd moet deurloop as daar water probleme is” sê Michelle.
Die VF+ kan by die volgende nommers gekontak word: Michelle 060 491 7038, Hennie 076 531 3587 en Wilma 060 568 5022.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here