Hoërskool Secunda Hockey results

0
223
Voor VLNR: Tiaan Engelbrecht, Shuaib Allee, Siphamandla Hlophe (Kaptein), Estèe Odendaal (Afrigter), CJ Mashele (O/Kaptein), André de Lange, Kuda Guara AGTER VLNR: Hado Cloete, Sihle Mkhize, Luke Nóbrega, Fortune Mabona, Jason Baay, Nolan van den Heever, Mukundi Munzhelele, Unathi Khumalo, Wessel van Zyl

Hoërskool Secunda’s under 14 hockey team played in the first round of the elimination rounds this past weekend at Curro.
The team played excellent. The first game against HTS Middelburg was a humdinger. Secunda really outplayed the team from Middelburg and made regular visits to the visiting team’s goal area. Secunda was just to strong and ended as victors with a 13-0 win.
Their second game was played against Volksrust.
The first 5 minutes were nail biters as Volksrust pilled on the pressure and attacked Secunda’s goal with determination. Alas it was not to be for the visitors from Volksrust as Secunda survived the pressure and pushed Volksrust back to score their first goal. Volksrust made regular efforts to Secunda’s goal area but couldn’t break through. Secunda won the game convincingly with 7-0.

Secunda teen Volksrust

Hoërskool Secunda het vier spanne gehad wat gekwalifiseer het vir die Mpumalanga Uitspeeltoernooi en drie van ons spanne het deurgedring na die Mpumalanga Semi en die Finale wat die afgelope naweek plaas gevind het. Die Eerstespan verloor teen Oosterland in die die semi-finale, asook teen Middelburg Hoërskool en eindig 4de in Mpumalanga.
Die O/15 verloor teen Hoërskool Secunda se eie O/16 span in die Semi-finale en speel gelykop 1-1 teen Middelburg Hoërskool vir Posisie 3 en 4. Volgens toernooi reëls deel hulle die derde posisie, maar moet steeds ‘n “8 sekonde-doelskiet” doen om te bepaal in watter posisie hulle in die Noord-Vaal toernooi gaan deelneem. Die O/15 verloor 0-3 en eindig 4de in Mpumalanga. Vusi Gamede is as die speler van die Wedstryd aangewys.
Die O/16 klop Hoërskool Secunda se O/15 2-0 in die semi-finale en speel teen HTS Witbank 1-1 in die finale. Volgens toernooi reëls deel Hoërskool Secunda weer die eerste posisie, maar moet steeds aan die “8 sekonde-doelskiet” deelneem om te bepaal wie Mpumalanga 1 en 2 gaan verteenwoordig by die Noord-Vaal toernooi. Hoërskool Secunda oorheers die “8 sekonde-doelskiet” en wen HTS Witbank 3-0 en eindig eerste in Mpumalanga. Kuda Guara is aangewys as die persoon met die meeste doele van die toernooi en Kaptein Sipha Hlophe as die speler van die wedstryd.
Die O/15 en Eerstespan gaan aan die Noord-Vaal B-Toernooi deelneem en die O/16 gaan aan die Noord-Vaal A-Toernooi deelneem. Albei toernooie vind plaas op 25-27 Julie 2019.

Secunda teen HTS Middelburg

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here