Bittersoet Koffiehuis: ‘n nuwe treffer

Met die eerste oogopslag is die Bittersoet Koffiehuis nie veel om na te kyk nie, maar loop in en die reuke van tuisgemaakte pasteie, spesiale resep hoender en koffie trek jou dieper in

0
68

Ses weke gelede het Renche Combrink verby ‘n ongeokupeerde winkel geloop op die grond vlak in die Medforum gebou. Iets het vir haar gesê om ‘n koffiehuis daar oop te maak. Sy het daardie Dinsdag die beheerliggaam van die gebou gekontak en daardie Donderdag het hulle die direkteursvergadering gehad. Dié vergadering word slegs een keer ‘n maand gehou. Die terugvoer wat aan Renche gegee is was dat volgens die gebou se permitte daar toe gelaat word vir ‘n kombuis op die perseël. Dit was waar die geskarrel begin het.
Die Bittersoet Koffiehuis was gebore en Renche en haar gesin het saam ingespring. In die loop van ses weke het alles gebeur. Hulle moes tafels, stoele en gereedskap by mekaar kry om te sorg dat alles perfek was vir die opening.
Met die eerste oogopslag is die Bittersoet Koffiehuis nie veel om na te kyk nie, maar loop in en die reuke van tuisgemaakte pasteie, spesiale resep hoender en koffie trek jou dieper in. Die dekor is minimaal: wit mure vol lekkerny fotos en een oranje muur met ‘n lemmetjie groen toonbank. Die spyskaart het baie oorspronklike name soos Honger Jan en Maer San.
Die Bittersoet Koffiehuis is definitief die moeite werd om by ‘n draai te gaan maak. Die diens is ongelooflik fluks en vriendelik en niks is te veel om voor te vra nie. Die familie gedrewe besigheid gaan definitief ‘n positiewe merk by jou los wanneer jy daar gaan koek of pastei eet saam met ‘n lekker koppie koffie of tee!
– Ané Prinsloo

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here