Tannie Poppie se: Broodpoeding

0
253

10 snye ou witbrood, korsies afgesny
60 ml ongesoute botter of margarien vir smeer
60 ml appelkooskonfyt vir smeer
50 ml korente
750 ml amandelmelk
4 eiergele
125 ml suiker
2,5 ml sout
Kaneel na smaak
25 ml gevlokte amandels, gerooster
Italiaanse meringue
440 ml suiker
1 ml sout
190 ml water
5 eierwitte
25 ml gevlokte amandels
Kaneel na smaak
Amandelvla
5 eiergele
60 ml suiker
‘n knippie sout
500 ml amandelmelk
Berei die poeding

  1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F)
  2. Smeer elke sny brood met die botter of margarien en konfyt
  3. Sny elke sny in 4 driehoeke, pak die driehoeke langs mekaar in ‘n gesmeerde oondbak met die gesmeerde kant na bo. Strooi die korente tussenin
  4. Klits die melk, eiergele, suiker en sout saam
  5. Gooi die melkmengsel oor die brood. Laat die melkmengsel goed deurloop en laat die poeding 20 minute lank staan.
  6. Sprinkel ruimskoots kaneel oor en strooi die amandels oor
  7. Bak 30 minute lank tot die poeding gaar is en haal uit die oond
  8. Verlaag die oondtemperatuur tot 150°C (300°F)
    Berei die Italiaanse meringue
  9. Verhit die suiker, sout en water oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos het (die mengsel moenie kook voor al die suiker opgelos het nie).
  10. Kook tot die stywebalstadium (120°C of 250°F)
  11. Klits intussen die eierwitte tot styf (net voor die stroop gereed is)
  12. Giet die stroop in dun straaltjies oor die stywe eierwit, terwyl jy gereeld klits. Plaas die bak in ‘n kom koue water en hou aan klits tot die mengsel fatsoen behou
  13. Smeer die meringue rofweg oor die gaar poeding, strooi die amandels oor die en bak die poeding nog 15 minute lank by 150°C (300°F) to bruin
  14. Sprinkel ‘n bietjie kaneel oor
    Berei die amandelvla:
  15. Klitsdie eiergele, suiker en sout saam. Roer die melk stadig by
  16. Verhit die mengsel in ‘n kastrol oor baie lae hitte of in ‘n dubbelkoker terwyl jy dit gereeld roer. (Die vla is gaar wanneer dit so dik is dat ‘n lagie oor die agterkant van ‘n lepel vorm).
  17. Sit die broodpoeding voor saam met die amandelvla

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here