Sasol Stoeiklub pumatjies

0
94

Op 8 Junie het die Mpumalanga Stoeivereniging se Klub Kampioenskappe en die derde Mpumalanga Pumatjie Toernooi te Ermelo plaasgevind.
Die Kampioenskappe het terselfdertyd ook gedien as Proewe vir die Suid-Afrikaanse Kadet, Junior, Senior en Meesters Stoei Kampioenskappe wat op 21 en 22 Junie te Middelburg gaan plaasvind.
Die volgende Stoeiers het aan die Klub Kampioenskappe deelgeneem en die volgende plekke behaal:
Stoeiers wat aan die “Lang Termyn Ontwikkelings Toernooi” deelgeneem het en medaljes ontvang het was: Du-Handre Putter O/7, Liam Swarts en Rei van Niekerk O/8.
Eerste plekke en goue medaljes: Christiaan Steyn – O/9, Pieter Bezuidenhout – O/9, Hendrik Nel – O/10 en President Skole: Zak Manaia – O/11, President Skole: Tiaan Carelse – Grieke-Romeins O/13 en Grieks-Romeins President Junior.
Tweede Plekke en silver medaljes: Reagen Meyer – O/10, Tyrone Swanepoel – O/11, Christiaan Steyn – President Skole: Tiaan Carelse – Vrystyl O/13 en Vrystyl President Skole.
Derde Plekke en brons medaljes: Rick Robertson – O/11 en President Skole: Tyrone Swanepoel – Reagen Meyer.
Sasol Stoeiklub het sewentien plekke uit sewentien inskrywing behaal.
Nico van den Berg is gekies om aan die Senior Vrystyl Afdeling vir Mpumalanga, te gaan deelneem by die Suid-Afrikaanse Vrystyl Stoei Kampioenskappe.
Die volgende lede van Sasol Stoeiklub is ook in die Mpumalanga Span wat aan die Suid-Afrikaanse Stoei Kampioenskappe gaan deelneem: Afrigter: Johan van den Berg, Spanbestuurder: Elma Webb, Skeidsregter: Hennie Bezuidenhout, Mediese Beampte: Chanell Manaia, Administratiewe Beamptes: Manie van den Berg (Toernooi-Sekretaris) en Lollie van den Berg (Loting).
Die volgende Stoeiers het aan die Pumatjie Kampioeneskappe deelgeneem: Jake Voigt, Gareth Smith, Tunis Steyn, De Wet du Pessis, Divan Raubenheimer, Liam Swarts, Zane van Rensburg, Janlu Lourens, Antoine Duvivier, Logan Fourie, Hendrik Nel, Rick Robertson, Tiaan Carelse, Kaeleb Joubert, Malan du Toit en Benjie Oosthuysen.
Die Pumatjie Stoeiers het ook die tweede plek Wisseltrofee ontvang vir die Klub vir hulle kreet, kleredrag en samewerking.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here