Nico verkies vir Spaanse ope

Nico is hard aan die oefen vir dié Ope Stoei Kampioenskappe.

0
291

Nico van den Berg, senior stoeier van Sasol Stoeiklub is ingesluit in die Suid Afrikaanse Senior Stoeispan wat op 5 – 7 Julie aan die Spaanse Ope in Madrid, Spanje gaan deelneem.
Deur Nico se insluiting in die SA Senior Span, het hy ook so sy Senior Protea Kleure verkry.
Nico is hard aan die oefen vir dié Ope Stoei Kampioenskappe.
Nico neem ook deel op Saterdag, 22 Junie, aan die Suid Afrikaaanse Senior Kampioenskappe wat te Middelburg, Mpumalanga plaasvind.
Nico is ook deel van die Mpumalanga Stoeispan en Johan gaan as afrigter optree tydens die SA Kampioenskappe.
Ander lede van Sasol Stoeiklub wat die naweek gaan optree tydens die SA Stoei Kampioenskappe is: Manie van den Berg –wat in beheer van die Kampioenskappe gaan wees en Lollie van den Berg doen die Kampioenskappe se Administrasie.
Irene Schutte hanteer die navrae wat daar mag wees deur Spanbestuurders tydens die Kampioenskappe.
Elma Webb tree op as spanbestuurder en Chanell Manaia as mediese beampte.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here