Oosterland wintersport op hoë standaard

Oosies se wintersport het baie goed gevaar in die liga

0
67
Hoërskool Oosterland se O/15 rugby span

Met al die Mpumalanga liga’s en uitspele in die verskillende wintersport afdelings, is HS Oosterland baie trots op ons spelers. Een dogtershokkie – en twee seunshokkiespanne het deelgeneem aan hulle Mpumalanga semi finale. Twee van ons rugbyspanne (die eerstes en O/15) het eerste in hulle poel geëindig en ook aan die Mpumalanga semi-finale in Nelspruit gaan deelgeneem.  
 Die O/15-rugbyspan het met HS Baberton afgereken 45-5 in hulle semi finaal. Hulle kom te staan teen Curro Nelspruit in die Mpumalanga finaal op 13 Julie. Hierdie finaal sal ‘n verbete stryd wees tussen twee ou aartsvyande. Die Eerste – rugbyspan het 19-19 gelykop gespeel teen HS Hoogenhout. HS Oosterland speel dus teen Penryn College op 12 Junie vir derde/vierde posisie. Met die HS Oosterland se hokkie het dit ook baie goed gegaan. Die O/15-dogtershokkie het tydens baie goeie Mpumalanga uitspeelwedstryde in Volksrust gekwalifiseer vir die Mpumalanga finaal op 13 Julie sal te staan kom teen HS Nelspruit en Ligbron Akademie vir Tegnologie. Hulle dring ook deur  na die Noordvaal – Kampioenskappe.  
 Die Eerste-seunshokkiespan kwalifiseer vir die Mpumalanga finaal nadat hulle HTS Middelburg 2-1 wen en teen HS Nelspruit 1-1 gelykop eindig. Dit is die tweede jaar agtereenvolgend wat die eerste seunshokkie tot by die Noordvaal – uitspele vorder. Alhoewel die O/16 Seuns hulle Mpumalanga poel gewen het, het hulle ongelukkig tydens die uitspele twee wedstryde verloor.
 Oosies se wintersport het baie goed gevaar in die liga – baie dankie aan ouers se ondersteuning, afrigters se harde werk en spelers wat net nie tou opgooi nie. Hierin is daar soveel lewenslesse te leer.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here