Friday, April 19, 2024

Tannie Poppie se Pannekoek (met of sonder Turkse lekkers)

Bookmark
Bookmarked

4 eiers
4 koppies meel
4 koppies water
½ koppie olie
2 t sout
¼ koppie wit asyn
4 t bakpoeier
(Opsioneel: paar druppels rooswater)
Olie vir die pan

Bediening:
Kaneelsuiker, suurlemoen. Opsioneel Turkish Delight in sjokolade, opgesny
Metode
In ‘n groot mengbak klits die eiers.
Sif die meel en sout saam.
Voeg die meel by die eiers en die water.
Klits goed.
Meng die olie en asyn by en voeg laaste die bakpoeier by.
Bak die pannekoeke. Strooi kaneelsuiker oor.
Vou stukkies Turkish Delight in die warm pannekoek en vou in waaiervorm of rol op.