Marietjie van Niekerk se netbal sê dankie

Julle toegewyde ondersteuning en vertroue in ons dogters, het dit vir hulle moontlik gemaak om soos ware kampioene te lyk, en elke wedstryd met trots aan te pak.

0
446

Aan die einde van die netbal seisoen, wat ook die einde van ons dogters se laerskole netbal beteken, wil ons graag aan al die borge van L/s Marietjie van Niekerk se Eerste Netbalspan opreg sê baie, baie dankie!! Julle toegewyde ondersteuning en vertroue in ons dogters, het dit vir hulle moontlik gemaak om soos ware kampioene te lyk, en elke wedstryd met trots aan te pak. As Gert Sibande naaswenners, kyk ons terug met dankbaarheid, en slegs die mooiste herinneringe van hierdie hoogtepunt-jaar in ons dogters se lewe.
Laerskool MvN Eerste Netbalspan borge is soos volg:
Midea
Daikin
John Deere en Afgri Equipment
TWK
Afgri Grain Management
Unigro Insurance Brokers (L. Hancke)
Pleasure printing – Bethal

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here