Laerskool Kruinpark gaan toer by Paarl Coldset

Die produksiebestuurder het die span rondgewys en als mooi verduidelik.

0
479
Laerskool Kruinpark se redaksiespan saam Seelan Govender van Paarl Coldset

Laerskool kruinpark se koerant redaksie uitstappie

Die Kruinbasuin redaksiespan van Laeskool Kruinpark was Dinsdag, 14 Mei, by Paarl Media in City Deep, Johannesburg. Paarl Media is ‘n drukkery wat verskeie koerante druk.
Koerantuigewers sit hul berigte en advertensies bymekaar, doen die bladuitleg en stuur dit dan aan Paarl Media om gedruk te word. Die span het die verskeie afdelings besoek en van elke stap in die proses geleer. Die produksiebestuurder het die span rondgewys en als mooi verduidelik. Paarl Media gebruik 4 kleure wat gemeng word om die koerant in kleur te druk. Die kleure is in ‘n spesifieke volgorde; eers geel, dan rooi, blou en swart. Groot rolle papier wat ingevoer word, word gebruik om die koerant op te druk. ‘n Rol papier is 16 km lank en tot 2 000 bladsye kan uit 1 rol gedruk word. Die bladuitleg soos ontvang vir die verskillende koerante, word dan op die rekenaarprogram gelaai, sodat die koerante gedruk kan word. Wanneer die koerante klaar gedruk is, is daar masjiene wat dit sny in die grootte van die koerant. Gesnyde koerante word met ‘n vervoerband wat hoog in die gebou naby die dak is, vervoer na die volgende deel in die proses. Hier word die finale produk op hopies gepak. Die pakke koerante word daarna gelaai en versprei na die dorpe waar die koerante verkoop of versprei word. Daar is slegs vier plekke in Suid-Afrika waar Paarl Coldset ‘n koerantdrukkery het; naamlik Johannesburg, Kaapstad, Pretoria en Port Elizabeth. Die koerantredaksiespan het dit baie geniet en het sommer baie geleer. Dankie aan Juf. Nicole MacFarlane wat die reëlings getref het en Juf. Jolinda wat die span vergesel het en hul veilig vervoer het. ’n Groot dank aan Mev. Elmarie van Huyssteen wat die hierdie geleentheid vir die koerantredaksiespan moontlik kon maak. – Dezané van Heerden – Graad 6

SO… maak mens ‘n koerant !!

As daar een ding is wat nooit uit die mode sal gaan nie, is dit ‘n koerant of tydskrif! Selfs nadat elektronika en digitale media ons leefwêreld kom oorneem het – word daar steeds wêreldwyd daagliks duisende koerante gedruk en versprei! Tydens ons besoek aan Paarl Media te Johannesburg op 14 Mei kon ons ‘n voorsmakie kry van die opwindende lewe van ‘n joernalis! Terwyl ons groot oog geluister het na die veiligheidsreëls en regulasies binne die gebou kon ons byna nie ons opgewondenheid beteuel nie!
Eindelik kon ons gaan kyk hoe hierdie indrukwekkende proses voor ons oë afspeel – ek is seker julle het ook nie geweet dat dat die drukproses onder geel ligte plaasvind nie, daar word slegs 4 hoofkleure gebruik naamlik cyan (blou), swart, geel en magneta… deur hulle te vermeng kan tot 252 nuwe kleure geskep word. Wanneer die ink eindelik fisies op die papier gedruk word, word daar 70 000 koerante per uur gedruk op ‘n masjien wat so 50 meter lank en 4 verdiepings hoog is! Die papier waarop daar gedruk word word ingevoer uit verskeie lande oa Spanje en Rusland, maar ook aangekoop van plaaslike vervaardigers soos Sappi in Nelspuit. Die papierrolle is byna 17 km lank en weeg ‘n verbysterende 2 ton elk. Nadat die koerante gedruk is word hulle met behulp van ‘n guillotine gesny en via vervoerbande na ‘n sentrale punt vervoer. Tydens hierdie byna finale stap in die proses sal die werknemers begin om dit voor te berei vir die verspreidingsproses deur dit te groepeer volgens ‘n vasgestelde prosedure. Ons kon nie glo dat die afgelope Suid – Afrikaanse verkiesing se stembriewe ook deur hierdie rollers by Paarl Media gedruk is nie, ook verder word verskeie van ons buurlande o.a. Zimbabwe, Namibië en Swaziland se plaaslike koerante vanaf hier gedruk en versprei. Nou eers kan ek beter verstaan en saam met my Oupa nostalgies raak oor hierdie merkwaardige en indrukwekkende proses wat al oor soveel jare heen vir duisende mense ‘n daaglikse plesier & ritueel geword het en natuurlik maak dit elkeen van ons ook meer ingeligte (en intressante) mense! Lank lewe die Rolpers! Janko Visser Graad 6

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here