Sarah-Jane Siebrits kuier by die veterane

Sarah-Jane Siebrits was die keer die gas spreker by die ontbyt. Sarah het altesaam 26 jaar ervaring in kinders en gesinsorg, gestremde sorg en gemeenskapswerk as Proefbeampte.

0
191
Mev Sarah-Jane Siebrits

Die veterane organisasie (SAWV) Sektor 1 Kosmos van Secunda het Saterdagoggend vir hulle gebruiklike Ops. Kolgans by die Kruik Café byeengekom vir hulle ontbyd met ander veterane.
Die ontmoeting op Saterdag oggend, 11Mei, is dan ook op die juiste wyse geopen deur die Brandwacht eenheid se Kapelaan Brad Blake, deur te lees uit Jesaja 54 vers 10: “For the mountains shall depart, and the hills be removed; but my kindness shall not depart from thee, neither shall the covenant of my peace be removed, saith the LORD that hath mercy on thee”.(KJV) en ’n gebed te doen.
Sarah-Jane Siebrits was die keer die gas spreker by die ontbyt. Sarah het altesaam 26 jaar ervaring in kinders en gesinsorg, gestremde sorg en gemeenskapswerk as Proefbeampte.
Sy het tydens haar praatjie die aanwesiges daarop attent gemaak dat wanneer menslike bevrugting plaasvind, alreeds in die baarmoeder, deur die lewe wat daar geskep is, daarvan bewus is as daar byvoorbeeld deur die ouers baklei word.
“Elke mens is uniek, geskape volgens God se wil, en woon in ‘n liggaam net vir ons so geskep. So ook jou “siel demensie” wat jou denke beïnvloed byvoorbeeld: negatief of positief, is jy ‘n dag of nagmens, ekstrovert of introvert?” vra sy.
“‘n Ekstrovert het waarskynlik die energie en vermoë om te kan kommunikeer, ‘n introvert daar in teen sal meer gemaklik voel om te lees of na die beeldradio te kyk”.
“Dit alles kan saamwerk tot die spreekwoordelike “dis die klein Jakkalsies wat die wingerd verniel”
“So is daar byvoorbeeld in die huwelik, realiteit, verhouding en besoedelde spasies. Die man en vrou kom uit die mees uiteenlopende agtergronde betreffende Godsdiens, kultuur, die onsigbare brug”. Konflik is dan moontlik en al twee partye gaan dan in “Survival Mode” reg vir die geveg”.
“Nou is alles weer vergeet en vergewe, en dan, die teleurstellings, die opmaak was net soos wanneer jy ‘n stoflap neem, skoon vee, maar die stof sit nog steeds onder die lap”.
“Ek beskou my beroep as ‘n roeping, gedurende my standerd agt jaar het ek ervaar dat die Here my roep as maatskaplike werker. My leuse is om altyd positief te wees en die goeie in elke persoon en die lewe raak te sien”. – Aart Reedijk

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here