Laerskool Secunda se skitterende prestasies

0
588
Bo en links: Laerskool Secunda se eerste netbalspan is baie dankbaar vir hulle pragtige nuwe uitrusting. Digimag het gesorg dat hulle warm bly hierdie seisoen met pragtige baadjies wat hul geborg het en TWK Agri Versekering het gesorg dat hulle hul wedstryde speel in die mooiste gemaklikste rokkies.
Oom Karoolus en Lente het Dinsdag, 7 Mei, by Laerskool Secunda opgetree. Kinders van verskeie laerskole en kleuterskole in die omgewing het ook die vertoning kom bywoon.
Nikita Singh van Laerskool Secunda lag lekker vir Lente se grappies.
Links: John Opperman van Laerskool Secunda is vir die O/13 Mpumalanga-rugbyspan gekies.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here