Wynand du Toit besoek Secunda

Hy was die leier van ’n Spesiale magte span wat in Mei 1985 op ’n militêre sending na Angola gestuur is, maar weens ’n sameloop van omstandighede het die sending nie volgens plan verloop nie.

0
241

’n Uittreksels van: Dit moes so gebeur het…deur Suzette van der Heijden – Okt. 12, 2017 – Blog Die naam kaptein Wynand du Toit het ’n onuitwisbare indruk op Suid-Afrikaners in die tagtiger- en negentigerjare gemaak.
Hy was die leier van ’n Spesiale magte span wat in Mei 1985 op ’n militêre sending na Angola gestuur is, maar weens ’n sameloop van omstandighede het die sending nie volgens plan verloop nie. Die Suid-Afrikaanse soldate was teen dagbreek omsingel deur verskeie Fapla-groeperinge. Kaptein Du Toit en sy span was 45 minute lank in ’n geweervuur geveg teen sowat 120 Fapla-soldate. Twee van kaptein Du Toit se kamerade, korporaals Rowland Liebenberg en Louis van Breda het tydens die skermutseling gesneuwel en ’n swaar gewonde kaptein Du Toit is eers na Cabinda en later na ’n hospitaal in Luanda geneem. Die oorblywende ses Recces, onder wie twee gewondes, het hergroepeer en kon veilig na Suid-Afrika terugkeer. Kaptein Du Toit is daarna twee en ’n half jaar lank as krygsgevangene deur die Angolese regering aangehou en deur die Kubaanse magte bewaak voordat hy in September 1987 tydens ’n ingewikkelde uitruiltransaksie, soos ooreengekom tydens die Brazzaville-Protokol, vrygelaat is. Hy was vir die volle duur van sy gevangenskap van 837 dae in ’n Kubaanse militêre tronk in eensame aanhouding opgesluit.
Vertel Ons Van Die Boeke Wat Jy Geskryf Het
Die eerste twee boeke, Judasbok en Josefskleed, is my lewensverhaal, met ander woorde dít wat voor, tydens en ná Cabinda gebeur het tot waar ek in 2014, tydens die vyf-en-twintigste herdenking van die ondertekening van die Brazzaville-Protokol, uitgevind het wat werklik 30 jaar tevore tydens Operasie Argon gebeur het.
Die boek wat ek in aanhouding begin skryf het, het ek op 14 Mei 1987 in die tronk in Angola voltooi. Ek het besluit om dit vanjaar, dertig jaar later, ook te publiseer met die titel The Long-lost Grave.Die ander twee boeke, S-98 en Destiny, handel oor die grensoorlog en is fiksie wat op feite gebaseer is.
Jou Boodskap Aan Lesers?
Die lewe was nooit veronderstel om maklik te wees nie. Gebeurtenisse, hetsy goed of sleg, is juis daar om ons as gelowige mense te vorm en te lei – om sodoende ons beste te gee ongeag waar en hoe, in ’n andersins baie kort lewe.https://www.wereldwyd.co.za/dit-moes-gebeur-het/
Kapt. Wynand du Toit is die spreker by Mukumbura Shellhole, Secunda, op 27 April 2019 om 15H30 vir 16H00. Waartydens van sy boeke te koop is.
Meer inligting by Gerhard 082 327 2530 of Brian 082 490 5368

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here