Wernich gekies vis Suid Afrikaanse Skole tennisspan

0
205

Wernich Rossouw, ‘n Graad 7 leerling van Laerskool Goedehoop, is na afloop van die jaarlikse Interprovinsiale Tennistoernooi in Bloemfontein gekies as lid van die Suid Afrikaanse Skole tennisspan. Die span bestaan uit die 8 beste laerskole tennisspelers in die land. Hulle sal van 17 – 29 Augustus na Amerika toer waar hulle onder andere ‘n oefenkamp by die Universiteit van Illinois in Texas gaan bywoon, Suid Afrika in 2 toernooie verteenwoordig en die Amerikaanse Ope tennistoernooi in New York gaan besoek.
Wernich speel reeds van 6 jarige ouderdom tennis, en het Mpumalanga op onder 13 vlak verteenwoordig vandat hy 11 jaar oud was. Hy was reeds op 12 jaar oud die nr. 1 laerskole tennisspeler in die provinsie, en is die eerste seun uit Mpumalanga wat die SA Skolespan haal.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here