Laerskool Secunda/Standard Bank ontleed Suid Afrika se nuwe begroting

0
632

Laerskool Secunda en Standard Bank het op Dinsdag, 12 Maart ʼn middag-ete aangebied waar gaste kon netwerk en ook luister na een van Standard Bank se top ekonome, Thanda Sithole, oor hoe hy die nuut bekengemaakte nasionale begroting interpreteer en hoe Suid-Afrika se vooruitsigte uit ʼn ekonomiese perspektief lyk vir die kort en nabye toekoms.
“Hierdie tipe van netwerksessies is belangrik vir handelsmerke om hande te vat en oop en eerlike gesprekke te hê oor kwessies en tema’s wat ons almal raak’ het Mnr. Paul van den Berg, Verhoudings en Reklamebestuurder van Laerskool Secunda, gesê.
Mnr. Paul van den Berg het ook sy dank uitgespreek teenoor Mnr. Oosie van Staden en sy span by Standard Bank Besigheidsbank wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Mnr. van den Berg het ook genoem dat hierdie funksie ʼn jaarlikse instelling op Laerskool Secunda en Standard Bank se kalender sal wees.


Laerskool Secunda eerste rugbyspan trui oorhandiging

Laerskool Secunda se eerste rugbyspan het op Donderdag, 14 Maart, hul amptelike klere vir die 2019 seisoen ontvang tydens ʼn oorhandigingsfunksie wat by die skool plaasgevind het. Die span se verskillende borge was teenwoordig om die items aan die seuns te oorhandig. “Laerskool Secunda is geseën met uitstekende borge en ons as skool en al die spelers is baie dankbaar teenoor elke borg wat so goedhartiglik hul harte vir die skool oopmaak en ook baie dankie aan Encee van Huyssteen by die Bulletin wat so getrou Laerskool Secunda ondersteun” het Mnr. Paul vd Berg, Verhoudings en Reklamebestuurder van Laerskool Secunda, gesê. Mnr. van den Berg het ook die volgende borge bedank: Supa Quick Secunda – Truie en broeke (Adrian Leahy), JJJ Engineering – Toksakke (Jacques Swarts), Dr. Cornel en Vicki Oosthuizen (Tandarste) – Mondskerms
Mnr. Pieter en Mnr. Daniel Binneman – Pette.

Voor: Mnr. Janus Bezuidenhout (Afrigter); Mnr. Thinus Strydom (Afrigter).
Agter vlnr: Mnr. Adrian Leahy – Supa Quick Secunda; Mnr. Pieter Binneman; Mnr. Tobie de Jager – JJJ Engineering; Dr. Cornel en Vicki Oosthuizen.

Mika Janse van Rensburg het die eerste plek in die Graad 1 tot 3-kategorie losgepraat, terwyl Mielan Prinsloo derde plek in die Graad 4 tot 5-kategorie verower het tydens die Hoëveldgroep Redenaarskompetisie wat by Laerskool Trichardt op Woensdag, 6 Maart plaasgevind het.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here