Laerskool Goedehoop spog graag met leerders en onnies

0
647
Chester Williams het Saterdag, 9 Maart, by Laerskool Goedehoop gekuier by hulle sportdag. Al die ouers en jong rugby spelers het die tyd vreeslik saam met hom geniet! Die 0/9 rugbyspan, Mnr Meyer en Chester.
Die SPO-Atletiek het Woensdag, 6 Maart, te L/S Tasbetpark, Witbank, plaasgevind. Dertien skole van Mpumalanga het deelgeneem. Dié 9 maats het baie hard geoefen en het ons 3 eerste plekke, 1 tweede plek en 3 derde plekke verower, wat ons totaal van 7 medaljes gee by die byeenkoms. Wel gedaan! Voor: Sadie Marnewick (1ste Verspring, 2de 80 m), Jayden Westenraadt, Justin Barrows (1ste Gewigstoot), Timothy Harris, Jeandré van Blommestein. Agter: Ronelda van Nieuwenhuysen, Destiny Marnewick (1ste Gewigstoot, 1ste Verspring, 3de 80 m, 3de Hoogspring), Natasha de Jager, Nathan Moruke.
Op Vrydag, 8 Maart en Saterdag, 9 Maart het die Super 12 Redenaars te L/S Wierdapark, Pretoria plaasgevind. Minke Coetzer (Gr. 1 – 3), An-Euné van Niekerk (Gr. 4 – 5) en Juandri Fourie (Gr. 6 – 7) dring deur na hul betrokke ouderdomsgroep se finaal. Goedehoop behaal ‘n algehele 12de plek uit 24 skole. Voor: Amy-Leigh van der Merwe (Gr. 1 – 3), Nika Thomas (Span), Kayla Hurter (Gr. 6 – 7 & Span), Wernich Rossouw (Span), Minke Coetzer (Gr 1–3, Finaal). Agter: Me. Janette Coetzee (Afrigter), An-Euné van Niekerk (Gr. 4 – 5, Finaal), Juandri Fourie (Gr. 6 – 7, Finaal), Karli van Schalkwyk (Gr. 4 – 5), Me. Anneke McLean (Afrigter). Afwesig: Elri Jacobs
Vrydag, 8 Maart, het die Onderwysersgholf te Graceland plaasgevind. Goedehoop stap weg as die wenners met Me. Irene van Jaarsveld wat die dames IPS wen en Mnr. Marnus Meiring wen die mans IPS.
Saterdag, 9 Maart, het Me. Biance van der Merwe, Me. Jeanette Roux, Me. Roné van der Merwe hul Atletiek ASA Vlak 1 behaal. Hierdie akkreditasie stel hulle in staat om as beamptes tot by SA’s Atletiek op te tree.
Wernich Rossouw het 25 – 27 Januarie aan die Mpumalanga Finale Tennisproewe deelgeneem. Hy verteenwoordig Mpumalanga 15 – 19 Maart in Bloemfontein tydens die jaarlikse SA Interprovinsiale Tennistoernooi.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here