Die mars van die oorwinnaars

Die motorfietsryers van die Christian Bikers Association onder leiding van Past. Jackie van Dyk het ‘n erewag gevorm met brullende motorfietse, vir die “Survivors” om deur te stap.

0
280

Hy onthou nog vaagweg die reis na die hospitaal in Pretoria.
Wat hy wel onthou is die intensiewe pyn in sy onderbuik wat skielik en so onverwags sy opwagting gemaak het.
Wat hy wel onthou is die woorde van die internis en sjirurg: “jy het Kanker in die Sigmoïde gedeelte van jou Kolon, ook is daar poliepe ontdek en die kolon is verstop, maar dit wil voorkom of die Kanker nie kwaadaardig is nie”.
Een van die drie opsies is so ‘n geval is ‘n Eli ostomie.
Na vele dae het hy toe by die KANSA kantoor in Secunda gaan besoek aflê.
Een van die vrae was “hoe gaan dit nou met die Kanker” ek is skoon het hy geantwoord. En toe die figuurlike terug bring aarde toe antwoord: “ ‘n mens is nooit skoon nie, maar altyd in remissie”.
So was hy dan ook een van die “Survivors” wat genooi was na die jaarlikse CANSA’s “Relay for Life” wat die jaar by Laerskool Goedehoop aangebied is deur die Secunda KANSA tak. Die leuse was “Together-we-can”.
En wat ‘n gebeurtenis was dit nie, vanaf die ontvangs by die skool deur die personeel van die Secunda tak, tot die hartseer totsiens sê eers laat in die middag. Die motorfietsryers van die Christian Bikers Association onder leiding van Past. Jackie van Dyk het ‘n erewag gevorm met brullende motorfietse, vir die “Survivors” om deur te stap.
Nog ‘n entjie verder nog ‘n hoogtepunt, die erewag gevorm deur die kinders van laerskool Goedehoop.
Aan die einde van die ereronde het daar nog meer verrassings vir die “Survivors” gewag in die skoolsaal.
Pragtige versierde uitnodigende tafels, vir elkeen ‘n sakkie met allerhande “goodies”.
Snoepery wat bestaan het uit dun gekerfde biltong en droëwors.
Na die pragtige sangitems het die tyd aangebreek vir die bediening van heerlike Pizza, en natuurlik die lekker na die tyd wat bestaan het uit ‘n vars vrugteslaai bedek met room.
Dankie aan die KANSA se Secunda tak wat hom en ook die ander weer eens daaraan herinner het dat dit net genade is van ons Skepper dat hy en ander so ‘n gemoed versterkende dag kan bywoon. In die onthou moet ons nie vergeet die moed, geduld, hulp en die onvoorwaardelike liefde wat daar kom van jou helper, geliefde, familie en vriende, eintlik jou bondgenote in die “Survivor” stryd.
Hy verlang nou al na die volgende “Survivor Relay” wat deur Gods genade weer moontlik is. – Aart Reedijk

“Survivor” Stian Griffan lei die kinders van Laerskool Goedehoop om die veld. Fotos verksy van Rinda Smuts.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here