Bek en Klou situasie – nie nodig vir paniek

Die bedryf doen alles in sy vermoë om die situasie te beredder en word op die hoogste vlak aangespreek.

0
521
Guillau du Toit, Nasionale Voorsitter / National Chairman

Nasionale voorsitter, Guillau du Toit sê gegewe die situasie met Bek en Klou uitbraak in die Limpopo provinsie van SA, word produsente gemaan om nie paniekerig te raak nie. Die probleem is kleiner as die van die 2011 uitbraak in KZN aangesien die uitbraak nog verder van wolproduserende gebiede gediagnoseer is as destyds. Daar is nie ‘n oorskot van wol nie en die aanvraag is steeds goed. Suid Afrikaanse produsente produseer uitstekende gehalte wol. Hoewel daar op hierdie stadium twyfel is oor die verhandeling van wol met Sjina, koop Europa wel.
Die bedryf doen alles in sy vermoë om die situasie te beredder en word op die hoogste vlak aangespreek. “Ons maan produsente om steeds Australië se markaanwyser te gebruik en oordeelkundige reserwes op hul wol te plaas”, sê Du Toit.
Guillau du Toit kan geskakel word op 083-5616325 vir verdere navrae.

Foot & Mouth – No Reason For Panic!
Given the situation regarding the outbreak of Foot and Mouth Disease in the Limpopo province of South Africa, National Chairman Guillau du Toit, cautioned farmers not to get panic stricken. The problem is much smaller than the outbreak in 2011 in KZN as the current outbreak have been diagnosed even further from wool producing areas than during the previous outbreak. There is no surplus of wool and the demand for wool is still evident. South African producers produce exceptional quality wool. Although there is doubt over wool trading with China at this stage, Europe is still buying. The industry is doing all in its power to manage the situation and is it addressed at the highest level. “The NWGA advises producers to keep track of the Australian wool market indicator, which will allow them to value their reserve prices objectively”, said Du Toit.
Guillau du Toit can be contacted on 083-5616325 for further information.
NWKV van SA / NWGA of SA (Reg.No. 043-242-NPO)
Posbus / PO Box 34291, Newton Park, Port Elizabeth, 6055
Pickeringstraat 41a Pickering Street, Port Elizabeth, 6045
Tel: 041 – 3655030; Fax: 041 – 3655035; email: nwga@nwga.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here