Valentynspretdraf vir liefde

Skaars 10 minute na die wegspring, het die eerste pretdrawwers oor die eindstreep gehardloop.

0
220

Op Woensdagaand, 6 Februarie, het die gemeenskap, in die hitte van die aand, bymekaar gekom om deel te neem aan ‘n 10 km wedloop en ‘n 2 km pretdraf.
Die 2 km pretdraf is aangebied deur Secunda Marathon Klub en geborg deur Stefanutti-Stocks. Laerskole Secunda, Goedehoop en Kruinpark se mammas, pappas, kinders, grootouers, ooms en tannies en vriende het almal hulle kaartjies gekoop by die erskillende skole en dié pretdraf met groot entoesiasme aangepak!
Skaars 10 minute na die wegspring, het die eerste pretdrawwers oor die eindstreep gehardloop. Die laaste paar honderd meter het almal die kleiner kinders wat deelgeneem het aangemoedig. Almal het met groot glimlagte en natuurlik sommiges uitasem, die wenstreep oor. Alle betrokkenes het die aand baie geniet en die deelnemers kan nie wag tot volgende jaar se pretdraf nie. – Ané Prinsloo

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here