Tannie Poppie se: Roompoffertjies

0
113

250 ml water
125 ml botter of margarien
250ml koekmeelblom
1 ml sout
sowat 4 groot eiers

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F).
  2. Verhit die water in die kastrol. Voeg die botter of margarien by en roer dit tot gesmelt het (dit moenie kook nie).
  3. Sif die koekmeelblom en sout saam.
  4. Roer die meelmengsel vinnig met ‘n houtlepel by die bottermengsel – tot die mengsel ‘n bal in die middel van die kastrol vorm en nie meer aan die kante vaskleef nie.
  5. Haal van die hitte af en laat effens afkoel.
  6. Voeg die eiers een-een by.
  7. Klits baie goed na elke byvoeging om ‘n deeg te vorm (dit moenie té slap wees nie).
  8. Drup lepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat.
  9. Bak 10 minute lank, verlaag die hitte dan tot 180 °C (350 °F) en bak nog 15 – 20 minute lank.
  10. Haal uit die oond en druk dadelik ‘n gaatjie in elke poffertjie sodat stoom kan ontsnap.
  11. Laat afkoel op draadrak.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here