Splinternuwe rugby akademie by Laerskool Secunda

Mnr Riaan Myburgh, gesoute SA Rugby en Wêreld Rugby vlak 2 afrigter, sal in beheer wees van hierdie unieke inisiatief.

0
448

Laerskool Secunda het 2019 met ʼn spoed afgeskop deur hul splinternuwe rugby akademie wat voortaan die jong wenner rugbyspelers van die skool sal bystaan met kondisionering, rugbyvaardighede, basiese rugbybeginsels en alles rondom rugby.
Mnr Riaan Myburgh, gesoute SA Rugby en Wêreld Rugby vlak 2 afrigter, sal in beheer wees van hierdie unieke inisiatief. Hierdie afrigting is privaat en sal in groepverband plaasvind. Hy sal ook, in samewerking met die bekwame afrigters van Laerskool Secunda, die verskillende spanne bystaan met vaardighede afrigting. ‘Rugby is my passie en dit is my doelwit om ʼn daadwerklike verskil te maak in elke wenner rugbyspeler hier by Laerskool Secunda se rugbylewe’ het Mnr. Myburgh gesê.
‘Laerskool Secunda is bevoorreg om Mnr Riaan te verwelkom by die wenspan en sien uit daarna om te sien hoe die skool se rugby by hierdie afrigtingsakademie gaan baat. Dit is Laerskool Secunda se doelwit om gebalanseerde, goed afgerigde leerders te stuur na die plaaslike Hoërskole van die dorp’ het Mnr. Paul van den Berg, Verhoudings en Reklamebestuurder van Laerskool Secunda gesê.
Vir meer inligting oor die akademie, stuur gerus ʼn WhatsApp na 072 563 1419 of stuur ʼn e-pos na skakel@secundalaer.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here