Ruiters wys hul staal

Die “Klasse” was ingedeel as beginners, oorgangsvlak en dan ook ervare ruiters.

0
411

Elmar Ruiterklub het Saterdag ‘n boeresportdag aangebied. Josua de Beer en Coreta Prinsloo was verantwoordelik vir die reëlings.
Daar was ruiters van 4 verskillende klubs rondom Secunda. Daar was selfs ruiters wat nie geaffilieer is met die klubs nie. Daar was 5 items vir die dag.
Die “Klasse” was ingedeel as beginners, oorgangsvlak en dan ook ervare ruiters. Al die items/speletjies gaan oor koördinasie van perd en ruiter. Die items was vol pret en het enigiets van sakresies met jou perd tot spring met die perd oor ‘n hindernis of om ‘n ballon op te blaas met “sherbert” in jou mond terwyl jy op die perd se rug sit. Die jongste ruiter was 6 jaar en die oudste was meer as 50 jaar oud. Daar was ‘n totaal van 21 ruiters. Die doel was nie kompetisie tussen klubs of ruiters nie. Dit gaan oor pret met die perde en die opbou van die perdegemeenskap rondom die dorp.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here