Laerskool Secunda versterk hul wenspan met formidabele bemarker

Om n verskil te kan maak in die lewens van die jeug, deur vir hulle n uitnemende onderrig milieu te skep, is Paul se passie.

0
709

Laerskool Secunda het 2019 afgeskop met die aanstelling van ‘n nuwe Reklame en Verhoudingsbestuurder: Mnr Paul van den Berg. 
Mnr van den Berg, voormalige hoof van bemarking by HS Secunda, is nuut in die pos aangestel en sal omsien na al die bemarking, reklame en openbare betrekking aspekte namens die skool. 
“Ek is ongelooflik opgewonde om aan te sluit by die wenspan van Laerskool Secunda, dit is n groep dinamiese personeel gelei deur n fantastiese hoof wat die leerders, personeel en gemeenskap se belange op die hart dra” het Mnr van den Berg gese. 
Mnr van den Berg sal voortaan fokus op die uitbou van Laerskool Secunda se handelsmerk en ook alle verhoudinge met belangegroepe van die skool bestuur. Hy het dit persoonlik ten doel gestel om n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak omdat hy glo dat elkeen van ons kan bydra tot die plaaslike ekonomie en algehele welstand van Secunda. 
“Om n verskil te kan maak in die lewens van die jeug, deur vir hulle n uitnemende onderrig milieu te skep, is Paul se passie.
Ons is baie geseënd om so gedrewe en gesoute bemarker as deel van Laerskool Secunda se wenspan te hê. Vir my as Hoof maak dit in besonder opgewonde om te sien waarheen Paul se passie, energie en ondervinding die skool gaan neem in die toekoms” het Mev Marietha Cole gesê.
ELKE KIND IS N WENNER. #WENNER 
Indien jy betrokke wil raak by Laerskool Secunda kontak Paul by: 079 358 9035 of stuur n e-pos na: skakel@secundalaer.co.za 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here