Tannie Poppie se: Lasagna à la Kanselkook

0
416
The Bulletin News

Ek gesels al jare elke Dinsdagaand met Johann Els van Radiokansel. Dan deel ek ‘n resep met die luisteraars van Kanselkook, die program wat hy aanbied. Vandaar hierdie resep se naam.

Witsous:
75 g botter of margarien
75 ml koekmeelblom
750ml melk
10 ml bakpoeier
sout en peper na smaak

Lasagne:
500 g maalvleis
60 ml water
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
2 lourierblare
15 ml origanum
sout en peper na smaak
500 g lasagne – velle
gerasperde cheddarkaas

Berei die witsous:

  1. Verhit die botter of margarien.
  2. Voeg die koekmeelblom by. Roer goed.
  3. Voeg die melk bietjiesgewys by en roer tot dit sous vorm. Geur met sout en peper.
  4. Hou eenkant.

Berei die lasagne:

  1. Voorverhit die oond tot 180 oC (350 oF).
  2. Smeer ‘n pan met olyfolie.
  3. Verhit die maalvleis, water, ui, knoffel, tamatiepasta en lourierblare saam.
  4. Geur met die origanum, sout en peper.
  5. Laat prut 30 minute lank tot gaar.
  6. Skep ‘n laag witsous in ‘n gesmeerde oonbak. Plaas ‘n laag lasagne oor, gevolg deur ‘n laag maalvleis.
  7. Herhaal die lae tot al die bestanddele opgebruik is. Eindig met ‘n laag witsous.
  8. Strooi ‘n dik laag kaas oor.
  9. Bak 30 minute lank tot goudbruin.
  10. Geniet.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here