Tannie Poppie se: Koue avokadosop

0
796
The Bulletin News

Baie lekker as ‘n voorgereg op daardie snikhete dae. Tannie Poppie sê: “Sit voor saam met brood wat in blikkies gebak is.”

3 avokado’s, kleiner gesny
½ knoffelhuisie, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
250 ml room
250 ml beesvleisaftreksel
‘n knippie sout en peper
Worcestersous na smaak
5 ml suurlemoensap
‘n bietjie peper en room vir garnering

  1. Verwerk die avokado’s, knoffel, ui, room, aftreksel, sout, peper, Worcestersous en suurlemoensap saam in ‘n voedselverwerker tot glad.
  2. Skep avokadesop in klein bakkies.
  3. Sprinkel peper oor en roer room by in elke bakkie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here