Tannie Poppie se: Rosynebrood

0
156
the Bulletin News

Hierdie is my man, Jan, se gunsteling. Hy smeer ‘n dik laag tuisgemaakte botter op.

1 pakkie (10g) kitsgis
5 ml suiker
250 ml louwarm water
250 ml louwarm melk
ʼn knippie sout
6 x 250 ml koekmeelblom
50 ml botter of margarien
175 ml suiker
250 ml pitlose rosyne
5 ml sout
1 eier
25 ml koue water

1. Voorverhit die oond tot 180 oC (350 oF).
2. Los die gis en 5 ml suiker in die water op.
3. Voeg die melk en 500 ml koekmeelblom by.
4. Room die botter of margarien en suiker saam en voeg by die meelmengsel.
5. Bedek en laat 1 uur rys.
6. Skud die rosyne by die res van die koekmeelblom in (sodat dit eweredig versprei).
7. Voeg die meel mengsel en sout by die gerysde deeg om ‘n sagte deeg te vorm.
8. Knie liggies en laat tot dubbel in volume rys.
9. Knie af, vorm brode en plaas in gesmeerde broodpanne.
10. Bedek en laat nog 20 minute lank rys.
11. Klits die eier en koue water saam en smeer oor die brode.
12. Bak vir 45 minute lank tot gaar.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here