Totsiens Reneé

Nou tree ek af om ‘n volgende fase in my lewe te betree en sal altyd met heimwee terugdink aan die jare hier by Hoërskool Evander.

0
265
The Bulletin News

Na 40 jaar in die onderwys tree Juf Blunk af. Hier is haar storie in haar eie woorde. Sy het ook al op verskeie geleenthede die toekenings ontvang as die beste Wiskunde onderwyser in die Gert Sibande Distrik.
Sy en ‘n mede kollega, Me S van Wyk is juis aan die begin van 2018 aangewys as die beste Wiskunde onderwysers in die distrik.
Juf Blunk gaan beslis ‘n groot leemte laat in die onderrig van Wiskunde in die distrik.
Veertig jaar gelede in Januarie 1979 het ek my onderwysloopbaan by Hoërskool Evander begin. Op daardie stadium het die dorp Secunda net begin en was daar nog geen Hoërskole op Secunda nie.
Hoërskool Evander het uit sy nate gebars met ongeveer 1300 leerlinge. Dit het natuurlik baie uitdagings aan die onderwysers gestel, wat nogal ‘n ontnugtering vir ‘n beginner onderwyser kan wees. In my tweede jaar van skool hou het ek reeds die matrieks vir wiskunde geskool en bo verwagting goeie uitslae gekry.
Ek het toe in April daar klaargemaak, omdat ek ‘n pos in my tuisdorp Standerton, gekry het. Na vele omswerwinge deur die land het ek weer ‘n pos by Hoërskool Evander aanvaar in 2001.
Ek het hier skool gehou sedertdien met slegs ‘n jaar uitgesonderd in 2007 waar ek die Departementshoof vir Wiskunde was. Ek het toe weer in 2008 teruggekeer na Hoërskool Evander, omdat die personeel hier my vriende en eintlik my familie was en nog steeds is.
Nou tree ek af om ‘n volgende fase in my lewe te betree en sal altyd met heimwee terugdink aan die jare hier by Hoërskool Evander.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here