Tannie Poppie se: Lemoentert

0
123
The Bulletin News

Toe ek jonk was, het my tant Netta Homan ons altyd bederf omdat sy geweet het ons is lief vir lemoene.
Tert
3 eiers
185 ml suiker
375 koekmeelblom
7 ml bakpoeier
ʼn knippie sout
185 ml melk
65 ml botter of margarien
Stroop
250 ml water
500 ml suiker
25ml botter of margarien
250 ml lemoensap
25 ml gerasperde lemoenskil
Berei die tert
1. Voorverhit die oond tot 180 oC (350 oF).
2. Klits die eiers goed, voeg die suiker bietjiesgewys by en klits tot romerig.
3. Sif die koekmeeblom, bakpoeier en sout saam.
4. Voeg die meelmengsel by die suikermengsel.
5. Meng goed.
6. Verhit die melk en botter of margarien tot kookpunt. Gooi die kokende melk by die meelmengsel en meng.
7. Skep die beslag in ʼn gesmeerde tert bord.
8. Bak 25-30 minute lank.
Berei die stroop
1. Verhit die water, suiker en botter of margarien saam en kook 5 minute lank.
2. Haal van die hitte af en laat effens afkoel.
3. Voeg die lemoensap en skil by. Roer goed deur.
4. Prik die tert sodra dit uit die oond kom en gooi die warm stroop

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here