Kersfees kom vroeg by Davieshoff

Die atmosfeer het die gees van die ware Kerstradisie van teruggee en geluk saai weerspieël.

0
198
The Bulletin News

Op Saterdag, 24 November, het die Kom Ons Help Mekaar groep geluk laat sneeu by Davieshoff vir behoeftige kinders en bejaardes. Kom Ons Help Mekaar groep is ‘n welsynsgroep wat behoeftige kinders en bejaardes help. Hulle het dié Saterdag wat verby is groot makietie opgesit met hulle eerste kersboom vir behoeftiges. Die kinders het ook ‘n geleentheid gehad om hulle gesigte te verf en almal moes hardloop of boetie leeu eet hulle. Die springkasteel het die kinders laat juig van geluk. Na die lekker gesig verf het Kers Vader gekom om middag te sê en die kinders lekker te bederf. Die bejaardes het dit ook vreeslik geniet. Daar was heerlike kookkos, verskeidenheid slaaie en almal het geskenke gekry. u Die Kom Ons Help Mekaar groep wil baie dankie sê vir die volgende borge wat gehelp het om dié dag ‘n sukses te maak: Boeta van Boeta se Slaghuis, Engela van Kalahari Slaghuis, Solly van Solly’s, Arie by Alfa Eiendomme, Irma by WMPG, HESEC, Martie van Boerboel Nommerplate, Jan by Inflatable and Tent Rental vir die springkasteel, Jam Properties en die publiek wat groente, speelgoed en badgoed geskenk het vir daaglikse gebruik. Saam maak ons ‘n span! – Ané Prinsloo

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here