Tannie Poppie se: Sjokolade-rolkoek

0
1063
The Bulletin News

Ek vul hierdie koek met ‘n Swartwoud-vulsel, maar gebruik enige vulsel van jou keuse.

4 groot eiers, geskei
125 ml suiker
125 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
80 ml kakao

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF)
2. Klits die eiergele en suiker saam tot lig en donsig

3. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en kakao saam.
4. Roer die meelmengsel bietjiesgewys by die suikermengsel.
5. Klits die eierwitte tot styf en vou by die mengsel in.
6. Skep in ʼn gesmeerde rolkoekbak en en bak 5 – 7 minute lank.
7. Keer uit op ‘n klam doek wat met suiker besprinkel is.
8. Rol op en laat afkoel.
9. Vir die vulsel: Rol die afgekoelde rolkoek versigtig oop, smeer die vulsel op en rol weer versigtig op.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here