Toks en Tjops by H/S Secunda

“Sukses word toegeskryf aan harde werk en nederigheid”

0
253

Toks en Tjops, die naam is sinoniem met rugby stories en braaivleis.
Dit was ook dan so tydens Hoërskool Secunda se Toks en Tjops aand.
Die aand was gekenmerk met lekker rugby stories en lekker eet.
Toks van der Linde, Breyten Paulse, Janina Oberholser en Vaaitjie was hier om die gehoor te vermaak.
Hulle is bygestaan deur Ricus Nel wat met sy mooi sang almal kom vermaak het.
Sommer dadelik is die plettervat van die Engelse teen die Bokke in die doodsnikke van die toets bespreek.
Dit was baie duidelik dat almal van mening is dat dit ‘n strafskop moes wees. Breyten het egter gese dat die Bokke eintlik die wedstryd in die eerste helfte moes wen en nie wag vir iets in die tweede helfte nie.
Nicole Lindeque en Martin Venter van Hoërskool Secunda was Toks-hulle se gaste op die verhoog.
Toks het dadelik met Martin oor hulle Virseker beker sukses gepraat. “Sukses word toegeskryf aan harde werk en nederigheid” het Martin gesê.
Nicole is die Suid Afrikaanse Kampioen in spiesgooi.
“Sonder my ouers se ondersteuning sou dit nie vir my moontlik gewees het nie” het Nicole op haar beurt gese.
Natuurlik moes JJ Hennop ook vrae van die span af antwoord. “die moeilikste is om die verskillende ouderdomme te laat saamspeel” sê JJ.
Die aand is afgesluit met ‘n veiling van waardevolle sport items.
Daar was items soos Jona Lomu se skoen en Rodger Federer se tennisbal, of een wat hy geteken het.
Die hoogtepunt van die aand is toe die skole trui wat deur die eertse span geteken is vir R20 000 opgeveil was.
Toks en Tjops, sien julle weer volgende jaar!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here