Laerskool Trichardt vang vis

Baie dankie aan elke borg en vir elke skenking wat die dag moontlik gemaak het.

0
186
The Bulletin News
Kobus Hattingh trotseer die koue water om te verseker sy vis kom nie weg nie.

Koos Kruger se dam het die afgelope naweek vir lekker visvang gesorg tydens Laerskool Trichardt se visvangkompetisie.
Die voorafgaande koue weer het ‘n paar vissermanne by die huis gehou maar die geharde vissermanne het hulle nie laat onderkry nie. Lyne is al van vroeg af ingegooi maar die visse het maar traag gebyt aan die begin. Die koue het hulle ook bietjie bygekom.
Die vissermanne het egter hulle eie resepte om die visse te laat byt. Eers word die pap aangemaak en dan word die spesiale geheime bygevoeg om daardie grote te laat byt.
As die vis eers gebyt het is die koue vergete. Daar net een ding wat saak maak. Kry die vis aan wal! Die koue water keer niemand. Dit is nie ongewoon om die manne halflyf in die water te sien nie. Die vis in die skepnet gevang en die hoek sorgvuldig uitgehaal voor die vis in die hounet geplaas word.
Daar was baie pryse wat Laerskool Trichardt vir die vissermanne bekom het. Die prysuitdeling Saterdagmiddag was met groot afwagting ingewag, die grootste vis moet nog aangekondig word.
Al die fondse gaan vir die instandhouding van die koshuis.
Om 07:00 het die kompetisie begin en teen 15:00 is alle visse ingeweeg.
Tydens die prysuitdeling het die volgende hengelaars pryse ontvang:
Seniors:
Grootste Karp:
1ste: T van der Merwe – 3.26kg
2de: M Naudé – 3.23kg
3de: F van der Westhuizen – 3.12kg
Grootste Baber:
1ste: G Marx – 7.99kg
2de: A Nienaber – 6.59kg
3de: F van der Westhuizen – 5.60kg
Juniors:
Grootste Karp:
1ste: D Swart – 2.76kg
2de: J Louwrens – 2.70kg
3de: D De Klerk – 2.52kg
Baie geluk aan al die wenners!
Graag wil die hengelkomitee hulle hartlike dank uitspreek aan Oom Koos Kruger en alle borge of skenkings vir die visvangdag. Sonder al hierdie borge/skenkings sou die dag nie moontlik gewees het nie.
Baie dankie aan alle hengelkomiteelede asook almal wat die dag ondersteun het.
Volgende jaar sal weer so ‘n dag aangebied word. Hengelaars moet solank die 1ste naweek in November 2019 oophou.

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here