Tannie Poppie se: Gebakte Aartappelkoekies

0
88
The Bulletin News

Lewer 4 – 6 porsies
My skoondogter Antoinette, getroud met my jongste seun, is ʼn Hollander en dit bly haar gunsteling dis. Kook die aartappels die vorige dag.
4 groot aartappels
2 knoffelhuisies, fyngekap
ʼn knippie sout en origanum
Botter of margarien vir braai

1. Kook die aartappels met skil en al tot gaar, maar nog ferm.
2. Haal die aartappels uit die water en plaas oornag in die yskas.
3. Skil en rasper die aartappels die volgende oggend.
4. Voeg die knoffel, sout en origanum by. Meng goed.
5. Druk die mengsel plat op ʼn snybord en druk ringetjies uit.
6. Bak die aartappelkoekies in botter of margarien in ʼn pan tot lig en gaar.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here