T20 Mpumalanga Krieket finale

0
119
The Bulletin News

Sondag, 28 Oktober, was die Mpumalanga T20 finale. 1ste het Nelspruit teen Witbank Snipers gespeel. Snipers het 122/6 aangeteken. Nelspruit was uitgeboul vir 77. Snipers wen dus met 45 lopies.
In die 2de Wedstryd was dit Sasol Secunda teen Nelspruit. Nelspruit het 103 aangeteken. Sasol jaag die telling in 14 beurte en wen die wedstryd met 8 paaltjies. Die laaste wedstyd van die dag het die liga bepaal. Sasol wen die loot en stuur Snipers in om te kolf. Snipers kon slegs 91 aanteken. Sasol jaag die telling in 16.4 beurte en wen met 4 paaltjies. Sasol wen dus die Mpumalanga T20 liga en speel volgende Sondag, 4 November, tuis in die Titans Franchise semi finaal teen die wenners van die Easterns liga.
Saterdag se uitslae. Sasol 2 Bulldogs speel ‘n 50 beurte wedstryd teen Bethal Bears. Bears kolf eerste en word uitgeboul vir 142. Sasol haal die telling in die 30ste beurt en wen Bethal Bears met 3 paaltjies. Saterdag Promosie Liga (nog nie tellings ontvang nie) Sasol 3 het wel verloor teen Piet Retief 2 in Piet Retief. Sondag Promosie Liga Sasol Kinross speel teen Breyton Cheethas. Sasol Kinross slaan 382 en boul Breyton uit vir slegs 35 lopies. Lukwatini het punte gestuur vir die Sasol Akedemiespan.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here