Bosvarkskiet by Koos Kruger Skietbaan

Slingervel bedank al die deelnemers en baanoffisiere wie die dag moontlik gemaak het.

0
295
The Bulletin News

Op Saterdag, 27 Oktober 2018, het SAJWV se Houtkapper tak (Secunda) ‘n groot skietkompetisie gehou op die Koos Kruger Skietbaan buite Trichardt.
Slingervel en Arms was die hoofborge en meer as R44 000 se pryse was beskikbaar.
Daar het 93 skuts deelgeneem en hul het ongeveer 180 teikens geskiet. Die warm son het nie die deelnemers se entoesiasme gedemp nie. Die kompetisie was ‘n Bosvarkskietkompetisie. Die afstand waarvan geskiet is was eers op die dag bepaal
Die wenners was: Derrick Du Preez met ‘n voltal. 2de plek was Arno Theron huidige voorsitter, in die 3de plek was Jean-Pierre Janse van Rensburg (JP). Die 4de Plek het gegaan aan Stefan van der Linde van Inyathi wie die teikens geborg het en 5de plek aan Emil Jacobs.
Ons Junior wenner was Liza Roux en die Dames wenner was Liezel Brits. Die oogskootkompetisie is gedeel tussen JC Bezuidenhout, Pieter Langenhoven en Wimpie Brits.
Al die ander pryse is uitgedeel per gelukkige trekking. Omtrent almal wat die prysuitdeling bygewoon het, het iets gekry.
Corner Bakery in Evander (Pieter Hattingh) het die hele dag gesorg vir uitstekende verversings teen baie bekostigbare pryse. Slingervel bedank al die deelnemers en baanoffisiere wie die dag moontlik gemaak het.

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here