Tannie Poppie se: Kerriepiesang – frikkadelle

0
159
The Bulletin News

As ʼn mens moeg is vir die gewone frikkadelle, is hierdie die antwoord. Dis iets heel anders en die frikkadelle vries goed.

Frikkadelle
500 g maalvleis
‘n Knippie elk fyn neutmuskaat en fyn kruienaeltjies sout en peper na smaak
2 snye ou wit brood
250 ml water
1 jumbo eier, geklits
Koekmeelblom

Kerriesous
2 uie, fyngekap
Sonneblomolie vir braai
5 ml koekmeelblom
125 ml water
15 ml borrie
5 ml suiker
Sout en peper na smaak
125 ml asyn
25 ml kerriepoeier
15 ml appelkooskonfyt
3 groot piesangs, in skywe gesny

Berei die frikkadelle
1. Voorverhit die oond tot 180Co (350Fo).
2. Geur die maalvleis met die neutmuskaat, kruienaeltjies, sout en peper.
3. Week die brood in die water.
4. Druk die geweekte brood fyn en voeg, saam met die water, by die maalvleis.
5. Voeg die eier by.
6. Meng goed en vorm klein frikkadelle.
7. Rol in die koekmeelblom en pak in ʼn gesmeerde oondpan.
8. Bak sowat 30 minute lank tot gaar.

Berei die kerriesous
1. Soteer die uie in olie tot sag (maar nie bruin nie).
2. Meng die koekmeelblom, water, borrie, sout, peper, asyn, kerriepoeier en konfyt saam. Voeg by die uie en meng.
3. Voeg die piesangs by en kook tot dit sag is.
4. Gooi die sous oor die frikkadelle sodra hulle uit die oond kom.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here