Oosterland Krieket Eerstespan Mpumalanga Wenners!

Ons skool het ‘n hart vir krieket en hart vir ons leerders/spelers!”

0
108
The Bulletin News

Oosterland se eerste krieketspan is onoorwonne in die liga en nou ook 2018 Mpumalanga kampioene!
In die finaal het die Eerstespan teen H/s Standerton gespeel. Oosies het eerste gekolf en behaal 228 lopies in baie moeilike omstandighede. CJ Bisschoff is die beste kolwer met 49 lopies van 55 balle.
Die Oosterland boulaanval was verbete: H/s Standerton word uitgeboul vir slegs 93 lopies. Oosterland wen dus met 135 lopies. Die beste bouler was Stephan de Buys met 3 paaltjies vir 11 lopies in sy 3 beurte. Al die boulers het egter minstens een paaltjie geneem.
Dit was ‘n ongelooflike spanpoging waarin die seuns as span saamgespeel het. Elke klein inset van elke speler het die groot verskil aan die einde gemaak. Die titel is te danke aan die harde werk wat die span as ‘n geheel ingesit het gedurende die jaar. Gedurende die Januarie Finsburry Superliga het die seuns baie geleer en op toer was daar ook hard gewerk. Voor die liga begin het, het die span reeds 12 x 50-beurt wedstryde gespeel.
Mnr Nicus Boshoff: “Ek wil dankie sê aan my span se ongelooflike dissipline en harde werk. Dis die rede agter ons sukses. Dankie aan ouers wat bankvas agter ons gestaan het, en personeel en werkers agter die skerms. Wat ‘n ongelooflike prestasie en eer vir Oosterland! Dis waar krieket in Oosterland gaan – top posisie in Mpumalanga! Ons skool het ‘n hart vir krieket en hart vir ons leerders/spelers!”

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin News

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here