Naka Drotsky en Os du Randt Kuier by Oosterland

0
210
The Bulletin News
Naka Drotsky, Jannie van der Merwe en Os du Randt

Een Donderdagoggend kom die seuns rugbyspelers van Hoërskool Oosterland in die saal bymekaar om te luister na twee oud legendariese Springbokke: Naka Drotsky en Os du Randt.
Dié twee legendes het gepraat oor die produkte wat hulle ontwikkel het saam met Dr Derik Coetzee, ‘n professor in Sport Wetenskap by UOVS. Dr Derik was ook een van adviseurs met Jake White se Springbok span toe hulle die wêreldbeker in 2007 gewen het.
Vandag het Dr Derik, Naka en Os al hulle kennis bymekaar gesit en produkte ontwerp wat spelers help. Toptrition is die breinkind van jare se ondervinding van dié spelers wat jare lank aanvullings gebruik.
Die seuns van Hoërskool Oosterland het  gesels met twee groot name en dit vreeslik geniet en met baie meer kennis weggeloop.
Toptrition is beskikbaar by sommige apteke in die dorp. – Ané Prinsloo

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here