Laerskool Secunda Fliek Vlooi Revue

n Pragtige saamgestelde vertoning met 'n groot verskeidenheid van Laerskool Secunda het die gehoor se harte laat smelt en hulle laat saam sing.

0
133
The Bulletin News

‘n Koue Woensdagaand, 17 Oktober, bring warm glimlagte in die saal van Laerskool Secunda. Die kinders het hard geoefen en die tyd het aangebreek vir hulle “Fliek Vlooi” revue.
Die revue was aangebied van Maandag tot Donderdag met elke aand ‘n ander tema.
Juffrou Marietta het geopen en almal lus gemaak vir “popcorn”. Sy het gepraat van hoe ‘n mieliepit hard is, maar met die regte hitte ontpop in ‘n springmielie. Sy het aangehou en verduidelik dat dit presies is hoe kinders is en hoe hulle met die regte leiding elkeen ontpop het in sterre van die revue.
Die vertoning het begin met drie Gr R klasse. Elkeen met hulle eie temas uit bekende kinder films: Sneeuwitjie: “Hey Ho”, “Sing”: “Shake it off” en “Hop” se “I love candy”. Die drie Gr 1 klasse het: “Flinstones”, “Juicy Wiggle” van “Alvin and the Chipmunks” en “Footloose” aangebied. Die SPO klas het “Smurfs” se “Ooh-la-la” aangebied.
Die twee Gr 2 en Gr 3 klasse het die gehoor vermaak met: “Jy, jy, jy, jy “ en “Hoor hoe raas die stilte” van “As jy sing”.
Na hulle vertoning was daar ‘n pouse. Na die pouse het die Gr 6e “Footloose” se “Fake ID” opgevoer en is gevolg deur die Gr 4 klas met “‘68 Chevy” van Platteland. Die Gr 7s se “Cruisin’ for a bruisin” van “Grease Lightning” en die Gr 6e se “Can’t stop this feeling” van “Trolls” het behoorlik die skare op hulle voete gehad.
Die Gr 5 klasse het met “Mamma Mia” se “Mamma Mia” en “Dancing Queen” hulleself gate uit geniet. Die Gr 4s het weer ‘n verskyning gemaak met “Grease Lightning”, Gr 6e met “Huil soos ‘n man” – “As jy sing” en so ook die Gr 7s met “Surfs up” van “Teen beach movie”.
Al die leerlinge het vir die finaal op die verhoog bymekaar gekom om “Firework – Katy Perry” op te voer. ‘n Pragtige saamgestelde vertoning met ‘n groot verskeidenheid van Laerskool Secunda het die gehoor se harte laat smelt en hulle laat saam sing.
Ané Prinsloo

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here