Tannie Poppie se: Bostonbrood

0
205
The Bulletin News

Ek het eenkeer ʼn VLU kompetisie met my Bostonbrood gewen. Die geheim van hierdie brood is , sit ʼn deksel op die pot of kastrol. Moenie dit op lig nie!

Bestanddele
175ml water
250ml gekapte dadels
5ml koeksoda
15mg margarien of botter
1 eier
175ml suiker
5ml bakpoeier
425ml koekmeelblom
2ml sout
5ml vanieljegeursel

Metode
Verhit die water, dadels en koeksoda saam. Kook sowat 5 minute lank tot die dadels sag is.
Room die botter of margarien, eier en suiker saam.
Meng die dadelmengsel met die suikermengsel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Voeg die meelmengsel bietjiesgewys by die suikermengsel. Meng dit goed.
Gooi die vanieljegeursel by en meng liggies deur.
Skep 3 gesmeerde 410g blikkies halfvol met die beslag.
Plaas die blikkies in ʼn groot kastrol met kookwater (die blikkies moet halfpad met die water bedek wees) Sit die deksel op en stoom 2½ uur lank.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here