Stroomop inspirasie oggend ‘n sukses

Sy so dankbaar is vir al die pragtige vrouens wat voor haar sit.

0
80
The Bulletin News

Saterdagoggend, 8 Oktober, was die Stroomop Inspirasie span by Kruik Gemeente vir die laaste stop op hulle landwye toer.
Sewe honderd vrouens saam in een saal wat kom luister het na vyf gassprekers is ‘n fenominale einde aan die toer. Die oggend het begin met Clarice Pieterse se ongelooflike stem wat die saal gevul het met ‘n warm, diep melodie.
Ivan Botha het die verrigtinge begin met ‘n storie oor waarom hy betrokke geraak het met die projek. Ivan praat van die sterk vrouens wat in sy lewe is en hoe hulle hom geleer het wat dit beteken om ‘n Stroomop vrou te wees.
Clarice Pieterse het haar getuienis afgelê en Donnalee Roberts voorgestel aan die gehoor. Donnalee was in trane van blydskap voor sy begin praat het. Sy lag deur die trane en sê dat in die saal.
Donnalee vertel van toe sy ‘n kind was en al op vyf jaar oud geweet het sy wil films maak en ‘n aktrise wees. Sy maak die vrouens bewus van die feit dat daar so min heldinne is in films oor die jare en dit is waarom sy besluit het om Stroomop te verfilm saam met Ivan Botha om jong dames te leer dit is nie verkeerd om sterk te wees, mekaar te komplimenteer en saam te staan as vrouens nie.
Caroline Grace het die mense vermaak met haar stem van ‘n engel en vir Simoné Noortmann voorgestel. Simoné het die vrouens vertel hoe haar lewe geraak is toe sy uitgevind het wat gebeur het voor sy gebore is en hoe dit haar lewe totaal en al deurmekaar gegooi het.
Die oggend is afgesluit met Caroline Grace wat gesing het. Dié oggend was ‘n reuse sukses en almal het dit terdeë geniet.

The Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here