Tannie Poppie se: Geroomde Sampioentert

0
210
The Bulletin News

Koop ekstra sampioene wanneer dit volop is. Vries dit en gebruik dit vir hierdie tert. Bak en gebruik enige tertkors vir dié vulsel.

Tertkors
Dis ‘n fantastiese deeg vir soet- en soutterte. Boonop is dit maklik om te maak.
8x250ml koekmeelbom
30ml bakpoeier
5ml sout
25ml kerriepoeier
500g botter of margarien
250ml chedderkaas
Koue water

Berei deeg vir soutterte:
1. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en kerriepoeier saam.
2. Vryf die botter of margarien met jou fingerpunte in die meelmengsel.
3. Voeg die kaas by en genoeg koue water om ‘n sagte deeg te form.
4. Vries die deeg to benodig.
5. Ontdooi, rol uit en bak volgens die aanwysings van van die resep waarvoor dit gebruik word.

Tert
15ml botter of margarien
15ml koekmeelblom
250ml warm melk
2,5ml sout
2 eiers, geklits
1ui, gekap
1 blik (405g) geroomde sampioene
375ml gerasperde cheddarkaas
1 gaar tertkors
Peper na smaak
1. Voorverhit die oond tot 180oC (350 oF).
2. Smelt die botter of margarien en roer die koekmeelblom by. Roer tot glad.
3. Roer die melk by en daarna die sout.
4. Kook tot die witsous begin verdik.
5. Voeg die eiers by die witsous.
6. Roer die ui, sampioene en kaas by en geur met peper. Meng goed.
7. Skep in die tertkors.
8. Bak 20-30 minute lank.

The Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here