Welkom terug Tannie Poppie

“Tannie Poppie kook weer”.

0
455
The Bulletin News

Na ‘n lang afwesigheid uit die Bulletin is Tannie Poppie nou weer terug. Tannie Poppie se resepte is weereens deel van die Bulletin. Sy het bekendheid verwerf toe sy aan die Kokkedoor reeks deelgeneem het. Alhoewel Tannie Poppie nie gewen het nie het sy sekerlik die mees bekendste geword en in almal se harte ingekruip as almal se Tannie of Ouma.
Die Bulletin is baie bly om weer Tannie Poppie se resepte in ons koerant te plaas. Sny hom uit of bêre die koerant, maar maak seker dat julle die resepte hou.
Ons het 3 eksemplare om weg te gee van Tannie Poppie se kookboek “Tannie Poppie kook weer”. Al wat julle moet doen is om die maklike vragie te antwoord op die Facebook blad of Instagram blad en dan ook ons blad te “like and share”. Dalk is jy net die gelukkige een wat hierdie week een boek kan wen.

Tannie Poppie se:
Kerrie-Kolwyntjies

Hierdie resep is ideaal vir daardie dae wanneer jy iets soet en iets sout moet saamneem vir tee. Dis vinnig om te maak en baie lekker.

250 ml bruismeel
125 ml sonneblomolie
125 ml melk
Kerrievis, tuna of maalvleis

1. Voorverhit die oond tot 180ºC (350ºF)
2. Meng die bruismeel, olie en melk saam.
3. Skep die beslag in ‘n gesmeerde kolwyntjiepan.
4. Skep die vis, tuna of maalvleis bo-op en bak 10 minute lank.

The Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here