Tannie Poppie se: Rissie-sjokolade-beesfilet

0
339
The Bulletin News

1 beesfilet
Bokmelkkaas
Rissie-sjokoladesous
250ml room
1 pak (80g) sjokolade, in blokkies gebreek
2 ml rissiepoeier

1. Seël die beesfilet aan albei kante en braai volgens smaak tot gaar (verkieslik lig-mediumgaar). Sny in skywe van sowat 2cm.
2. Haal van die vuur af en bedek elke skyfie vleis met ‘n sirkel kaas.
3. Plaas terug en braai tot die kaas gesmelt het (nie oor warm kole nie, want die vleis moet rus)
Berei die rissie-sjokoladesous:
1. Verhit intussen die room tot warm in ‘n pot op die vuur (dit moenie kook nie).
2. Haal van die vuur af en voeg die sjokoladeblokkies by.
3. Roer goed tot die sjokolade gesmelt het.
4. Voeg die rissie poeier by.
5. Haal die vleis van die vuur af, gooi sous oor en sit voor.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here