3… 2… 1… Lekke Fees Is Amper Hier!

Kom geniet julle naweek by Lake Umuzi

0
914

In 3 dae begin die lekke fees! Is almal opgewonde?!

Die afwagting is groot en die tyd het aangebreek waarvoor almal gewag het. Kunstenaars van formaat kom kuier: Brendan Peyper, Jan Bloukaas en vele meer! Biertuine en kuier met yskoue bier en ciders vanaf slegs R20! ‘n Reuse speel park en ponie ritte vir jou kleinding.

Die Boeremark wag met lekkerhede en vars produkte. Daar gaan ook hoender prego rolls, skilderye van lokale kunstenaar Regis, Annique produkte, Tupperware, juwele en vele meer wees!

Die kampterrein, Kamp Oase, is gereed vir tente en karavane om uitgepak en geniet te word!  

Die Lekke Fees is 2 dae, AquaZone Waterpark en Carnival square se aktiwiteite is vir 3 dae aan die gang! Carnival Square is oop vir kinders wat onder 1.35 m is. Die is alles ingesluit by die kaartjies wat jy koop! Toegangsfooi beloop soos volg: 2 – 6 jaar: R50 pp, 7 – 17 jaar: R100pp en R150 pp vir volwassenes vir die hele naweek!

Kom geniet julle naweek by Lake Umuzi en hou ‘n Lekke Fees saam! Kry nou julle kaartjies by Lake Umuzi Box office, Eish!! South African Kitchen, AquaZone Pool Hyper of aanlyn by  www.umuzifest.co.za

Lekke kuier! Lekke pryse! Lekke fees! Lekke man!!!!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here