DBV en Jim van Tonderskool Dames “High Tea”

0
221
The Bulletin News

Op ‘n fris lente-oggend op 4 September kom die gemeenskap se vrouens saam om die Bethal DBV en Jim van Tonderskool se Dames “High Tea” saam te geniet.
‘n Sielsvolle opening vol humor is deur Fortunate Ngazi en JP van Wyk gelewer. Na die tafelgebed wat deur Fortunate gedoen is, het almal aan die knibbel geraak aan die smullekker sout- en soet happies op die tafels wat voorberei is deur die leerlinge self.
Gedurende die ete en ‘n koppie tee het Minky Sombane, Felichia Masilela en Leoni Stolz gedigte en poësie voorgedra waarna Juffrou Laurette van Heerden die bedankings gedoen het. Fortunate het die dames verras met ‘n pragtige solo lied “Wonderful God” begelei op die ghitaar deur mnr. Kevin Pieters (ook ‘n onderwyser by die skool).
Tannie Poppie, deelnemer van Kokkedoor (2013), het die vrouens raad gegee oor bak. Sy is nie net ‘n TV ster nie, maar ‘n outeur van twee kookboeke ook waarvan die eerste een uitverkoop is en tans in herdruk is! Sy het goedkoop en kreatiewe maniere voorgestel om jou skoonma te beïndruk met blikke. ‘n Politoerblik vir ‘n koek, ‘n Koo-blik vir brood, ‘n tunablik vir Quiche en ‘n tamatiepureeblik vir Malvapoeding. Haar tweede boek is beskikbaar teen R265. Ongelukkig kon die ander gasspreker, Annelien Pienaar, nie die tee bywoon nie. Oppad het Annelien ‘n ongeluk gehad. Sy is nie beseer nie.
Die oggend het goed afgeloop en baie geld is ingesamel met ‘n lewendige veiling van allerlei artikels.

The Bulletin NewsThe Bulletin News

The Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin NewsThe Bulletin News

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here