Grasieuse Reinette raak harte aan waar sy gaan

"En die Here sê vir my skryf in, en ek moes gehoorsaam wees aan die Here en dit gedoen het.”

0
525
The Bulletin News

Op ‘n koue dag raak ‘n warm siel jou aan en straal selfvertroue en warmte uit. Sy sit en gesels gemaklik en is dadelik iemand met wie mens wil praat en in mens se lewe wil inlaat.
Reinette Gibson is in Oktober 2015 gekroon as Lady Gracious Suid-Afrika 2015/16. Lady Gracious is ‘n Christelike skoonheidskompetisie wat vir Reinette die platform gegee het om haar passie uit te leef om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. As sy gevra word hoekom het sy deelgeneem aan die kompetisie, sit dit ‘n breë glimlag op haar gesig en sy sê gemaklik: “Ek kom van ‘n klein dorpie af, Lady Brand, wat gaan die mense sê as ek hiervoor inskryf?! En die Here sê vir my skryf in, en ek moes gehoorsaam wees aan die Here en dit gedoen het.”
Geld insamel in ‘n klein dorpie is moeilik, maar Reinette het nie een kans laat verby gaan om ‘n liefdadigheidsorganisasie te ondersteun en om die teiken te bereik om as semi-finalis na finalis deur te dring nie. Dit is waar haar pad met CANSA gekruis het en sy betrokke geraak het met die organisasie.
Reinette was ‘n voorskoolse en laerskoolonderwyseres en tans die Kinderkerkleier by Kruik Gemeente. Lady Gracious het haar gehelp om uit haar skaam dop te klim en mense aan te raak en te inspireer. Sy het in haar kroonjaar rehabilitasiesentrums besoek, as motiveringspreker by skole opgetree en was ook baie betrokke by CANSA.
Reinette het Saterdag, 1 September, by die Pappa en Prinses dag van CANSA gepraat by Bosveld Lapa oor die belangrikheid van die verhouding tussen ‘n pa en ‘n dogter. – Ané Prinsloo

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here