Virsekerbeker wenners

“Daar is net een Virsekerbeker vir die matrieks. Matriek afskeid kom na die tyd.”

0
357
The Bulletin News

Hoërskool Secunda is die grootskole kampioene. Hoërskool Secunda verslaan Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi 20-14 om met die kroon weg te stap.
Die wedstryd het vinnig begin en Frikkie Meyer het sommer gou ‘n drie aangeteken en dit verdoel. Secunda het egter deurentyd aangeval en druk toegepas. Frikkie Meyer se verdediging het egter telkemale gehou en gekeer dat Secunda punte aan teken.
Secunda se voorspelers het ‘n goeie grondslag gelê. Een van die toeskouers het opgemerk dat Secunda te veel die bal kry en nie weet wat om dan daarmee te doen nie.
Die losballe is met reëlmaat terug gesteel na Secunda se kant toe. Soms het die beslissing teen Secunda gedraai maar die voorspelers het met volle mag ingeduik. Secunda se voorspelers het die wedstryd van hulle lewens gespeel.
Bakkies Botha, oud Springbok speler, het Donderdag oggend met die span gepraat om hulle te motiveer. Hy het klem gelê op die voorspelers en aan hulle gesê dat wedstryde gewen word deur die voorspelers. “As die voorspelers nie die bal beskikbaar stel nie kan die agterlyn niks doen nie.”
Bakkies het aan die span gesê dat hulle rugby speel om stories te maak. As alles verby is, is al wat oorbly die stories wat hulle gemaak het. Hulle bepaal die storie wat hulle wil vertel oor die eindstryd. Bakkies het ook gesê dat mens jou hele lyf op die spel moet plaas en vergeet van die matriek afskeid. “Daar is net een Virsekerbeker vir die matrieks. Matriek afskeid kom na die tyd.”
Die voorspelers het die raad ter harte geneem en hulle harte uit gespeel. Die lynstane was oor die algemeen baie goed uitgevoer. Duikslae is met presisie uitgevoer. Balle is gesteel en losgemale gewen.
Die spelers het soms probeer om die span van Secunda te ontsenu maar kon dit nie reg kry nie. Secunda se dissipline was puik.
Die agterlyn het elke keer aangeval en druk toegepas. Dit was asof die damwal enige oomblik kon breek. Ongelukkig het Frikkie Meyer ‘n heldhaftige poging aangewend om die manne van Secunda in toom te hou en die druk af te weer. Sodra Frikkie Meyer die bal gekry het, het hulle teenaanvalle geloots maar Secunda se verdediging het gehou. Frikkie Meyer is egter met ‘n troosdrie in die doodsnikke van die wedstryd beloon. Nie dat hulle nie gewerk het vir hom nie.
Bakkies se praatjie het voorwaar gehelp om al die spelers gefokus te kry, en hulle het die spel gespeel soos ‘n span wat wou wen.
Wel gedaan, met ‘n spog vertoning!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here